7 Nuwe Verkeerswette & Hoe Dit Jou Raak
Deur Digitale Span 16 September 2017
Wat reg bestuur betref, is dit nie net jou eie bestuursgedrag wat jy moet oorweeg nie, maar ook dié van ander padgebruikers, en die oorkoepelende verkeerswette wat onlangs beduidende veranderings ondergaan het met die aanneming van die voorgestelde Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto).
Die minister van vervoer, Joe Maswanganyi, het die wetsontwerp se veranderings verwelkom, wat daarop gemik is om oortredings te ontmoedig en ongelukke en lewensverlies op Suid-Afrikaanse paaie te bekamp.
Padsterftes neem jaarliks toe. In 2014 was daar 12 702 sterftes, in 2015 het dit tot 12 994 gestyg en in 2016 is 14 071 sterftes aangeteken – ’n onrusbarende toename van 1 077 teenoor die vorige jaar.
“Die Dialdirect Insurance App en 75%-kontantterugaanbod is daarop gemik om Suid-Afrikaners aan te moedig om reg te bestuur – deur te fokus op dinge soos selfoongebruik, remme, versnelling en spoed – maar die doel strek veel verder as dit. Om in die risikobestuurbedryf te wees, gaan gepaard met ’n verantwoordelikheid om ’n betekenisvolle, risikobeperkende bydrae tot die samelewing te lewer waar ons kan. Dié app maak dit vir ons moontlik,” sê Warwick Scott-Rodger, uitvoerende hoof van Dialdirect Insurance.
Natuurlik sal ’n app op sigself nie padgebruikers se ingesteldheid verander nie, en Maswanganyi verwys daarna as die “voortgesette verontagsaming van padreëls”. Dit kan egter ’n goeie manier wees om Suid-Afrikaners aan te moedig om verantwoordeliker te bestuur, en so bydra tot padveiligheidspogings van organisasies landwyd.
Vra jou af wat jy kan doen om te help om veiliger paaie ’n werklikheid te maak? Let op na jou eie bestuursgewoontes, gebruik apps om dit te monitor en vertroud te raak met wysigings in die padreëls en hoe dit jou raak:
•1.Die strafpuntstelsel – elke bestuurder begin op nul punte. Elke verkeerswetsoortreding gaan met sekere strafpunte gepaard. Sodra jy 12 punte bereik, kan jou rybewys opgeskort word. As dit drie keer opgeskort word, sal jou rybewys gekanselleer word.
•2.Sentralisering van inligting van oortredings – met die bekendstelling van die Nasionale Padverkeersoortredingsregister, sal elke oortreding aangeteken word.
•3.Spesiale appèltribunaal – hierdie tribunaal sal motoriste se wettige griewe aanhoor en ’n oordeel vel. As die persoon ongelukkig is met die uitslag, kan hy/sy appèl by die hooggeregshof aanteken.
•4.Geregistreerde eienaar altyd aanspreeklik vir boetes – die enigste keer dat dit nie geld nie, is wanneer die eienaar ’n lys met gespesifiseerde besonderhede kan verskaf van die persoon wat hulle toegelaat het om hul voertuig te bestuur.
•5.Afskaffing van sekere strenger strawwe – met die skrap van Artikel 21 van die Wet, sal die volgende nie meer toegelaat word nie: Inbeslagneming van bestuurder wat nie samewerking gee nie se rybewys; verwydering van lisensieskyf van sy/haar voertuig; en verhoed dat sy/haar voertuig verder beweeg.
•6.Rehabilitasie van oortreders – dit bied ’n geleentheid om bestuurders wie se rybewys opgeskort of gekanselleer is, ten goede te beïnvloed, en hulle weer op te voed oor die belangrikheid van die gehoorsaming van padreëls.
•7.Maklike toegang tot dokumente aanlyn – padgebruikers sal die status van hul oortredings enige tyd kan nagaan. Hierdie diens is nie net gerieflik nie; dit hou ook ’n finansiële voordeel in omdat dit die staat sowel as padgebruikers se koste verminder.
“Soveel as wat dit jou verantwoordelikheid is om padreëls te gehoorsaam, moet jy ook weet wat jou regte as motoris is en hoe om dit uit te oefen. Dit beteken om op die hoogte te bly van enige veranderings en die gevolge daarvan,” sê Scott-Rodger.
No comments:
Post a Comment