Joernalis - Kontrei Balie Nuus / Journalist - Country Balie News

Monday, 25 September 2017

Draai Jou Sente Om !
"n Mens kan nie ophou eet nie, maar baie van ons kan meer doen om die  sente om te draai waar ons kan"

1. Stel ’n weeklikse, of selfs maandelikse, spyskaart op. Koop net die kos wat jy hiervoor nodig het en moenie daarvan afwyk nie.

2. Maak jou eie kos, tuis en vir die werk. ’n Vriend het onlangs sy uitgawes begin dophou en was verbaas hoeveel geld hy bespaar het deur self sy kos te maak, om nie te praat van hoeveel gesonder dit was nie. Hy het in die proses hom en sy bankrekening op ’n heel suksesvolle dieet geplaas!

3. Koop net genoeg kos. As jy te veel koop, veral groente en vrugte, sal jy later dalk heelwat daarvan moet uitgooi omdat dit nie meer eetbaar is as jy dit te lank bêre nie. Op dié manier mors jy ook heelwat geld.

4. As jy wel van uiteet hou, gaan eet een keer per maand minder uit. Dit sal jou ’n hele paar rand deur die loop van die jaar bespaar. Gaan eet uit vir ontbyt – dis goedkoper as aandetes.

5. Kies filterkoffie bo latté. Dit bly maar lekker om saam met vriende ’n koppie koffie te gaan drink. Maar drink net ’n gewone koffie wat baie goedkoper is as die vele spesialiteitskoffies wat baie restaurante aanbied.

Betsie du Preez
26 September 2017

No comments:

Post a Comment