MAAK MY SOOS JESUS * * * Joe* was ' n dronkaard wat wonderbaarlik tydens 'n uitreikaksie tot bekering gekom het. Voor sy bekering het hy die reputasie van 'n dronkaard skelm gehad. Mense het gedink daar's geen hoop vir Joe* nie. Ná sy bekering het álles egter verander. Joe* het die sagste, vredeliewendste mens geword wat almal net wou help by die plek van veiligheid waar hy gewoon het. Niemand het ooit iets van hom gevra wat hy as benede hom beskou het nie, of dit nou was om 'n dronkie se braaksel op te vee of om die toilette te skrop. Hy sou help om enigiemand te voer wat van die strate af ingekom het, of om iemand wat self te swak was, in die bed te sit en warm toe te maak. . . Een aand nadat die hoof van die uitreikaksie sy boodskap uit die Bybel gegee het, het een van die mans neergeval en gepleit dat God hom sou help verander. Hy het heeltyd uitgeroep: " O, Here, maak my soos Joe* ! Maak my soos Joe* !" Die hoof het oorgeleun en gesê: " Sal dit nie beter wees as jy bid : Maak my soos Jesus nie?" . . . Nadat hy 'n rukkie daaroor gedink het, het die man angstig na hom gekyk en gevra: "Is Hy soos Joe*?" * * * Wat 'n wonderlike storie oor hoe ons mòèt lewe! Lewe jy op so 'n manier dat jy mense aan die eniggebore Seun van God herinner? PERSOONLIK. . . "...enigste Seun..." Johannes 3:16. . . Jesus het na die wêreld toe gekom om God se Liefde in vlees en bloed vir ons te kom wys. DIS ONS TAAK AS GELOWIGES OM MENSE TE HELP ONTHOU WIE GOD VIR ONS IS! * * * . . . Joe* - skuilnaam. . . BieBie 25 September 2017
No comments:
Post a Comment