•DOPPIE RESEP
1 kop room
1 kop margarien
bietjie sout
3 kop meel
METODE:
Maak botter sag maar nie gesmelt nie
Meng die botter en room bietjie
Gooi sout en meel by
Maak n sagte uitrolbare deeg
Rol uit druk af
Bak vir ongeveer 10 min by 170 *C
•DOPPIE RESEPTE VIR SOET & SOUT
(Vir alle vinger-etes, soet en sout)
750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
METODE:
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by droe bestandele
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit - nie te dun -
Druk met koekievorm 'n ronde sirkeltjie uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie.
Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190 grade.
•DOPPIES SOET & SOUT ELSIE
•SOUTDOPPIES:
Klits die volgende bestanddele goed
1 K Botter
1 K Gerasperde kaas
2 eiers
Sif saam
3 K Meel
1 T Bakpoeier
½ T Sout
METODE:
Meng die 2 dele goed saam
Maak balletjies en plaas in gesmeerde pannetjies
Druk uit met ‘n Petty Press
Sny oortollige deeg weg met ‘n mes
Bak by 180 grade vir 15minute tot ligbtuin.
•SOET DOPPIES
(Lewer ongeveer 100 doppies)
Klits goed saam
1 K suiker
1 K Botter
2 Eiers
Sif saam
3 K Koekmeel
1T bakpoeier
½ T sout
METODE:
Meng die 2 dele goed saam. As die deeg te sag is voeg nog ‘n bietjie koekmeel by tot ‘n sagte hanteerbare deeg verkry is
Maak balletjies en plaas in gesmeerde pannetjies
Druk uit met ‘n Petty Press
Sny oortollige deeg weg met ‘n mes
Bak by 180 grade vir 15minute tot ligbruin
•DOPPIES
230 g (250ml) botter/margarien
200 g (250 ml) witsuiker
2 groot eiers, geklits
525 g (4X 250 ml) Koekmeelblom
10 ml kremetart
2 ml sout
5 ml koeksoda
25 ml melk
METODE:
Verroom die smeer en suiker saam. Voeg die eiers by en meng goed. Sif die meel, kremetart en sout saam. Voeg dit by die eiermengsel. Meng die koeksoda en melk en voeg dit ook by die eiermengsel.
Meng alles saam tot ‘n stywe deeg. Bedek die deeg en laat dit ‘n rukkie staan. Rol die deeg ongeveer 3 mm dun op ‘n meelbestrooide deegplank uit. Druk sirkel met ‘n koekiedrukker uit, lig die sirkels met ‘n slaplemmes op en plaas dit in die holtes van die kolwyntjiepanne wat met kleefwerende kossproei bespuit is.
Plaas ‘n stukkie waspapier in elke rou doppie en vul dit met droeboontjies.
Bak die doppies ongeveer 7 minute in ‘n voorverhitte oond by 200 grade C (400 grade F). Verwyder die boontjies en papier en bak die doppies ‘n verdere 3 minute of totdat hulle ‘n ligte goudkleur is. Haal doppies versigtig uit die pannetjies en laat hulle op ‘n draadrak afkoel. Bewaar hulle in ‘n digte houer.
•DOPPIE RESEP:
750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
Metode
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier & suiker tot skuim. Voeg die droe bestandele by. Meng goed tot stywe deeg. Rol uit - nie te dun -
Druk met koekievorm 'n ronde sirkeltjie of blommetjievorm uit. Gebruik kolwyntjie pannetjies & druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie. Bak 8-10 min by 190 grade. •DOPPIE RESEP:
750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
Metode
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg die droe bestandele by
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit - nie te dun -
Druk met koekievorm 'n ronde sirkeltjie of blommetjievorm uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190 grade. •DOPPIES. •DEEG VIR DOPPIES:
1 K meel
1/4 k botter
3 E van die suikerkook water
METODE:
Vryf botter in meel
Meng met water tot deeg en rol dun uit
Sny in stroke van 2 cm by 20 cm.
No comments:
Post a Comment