Joernalis - Kontrei Balie Nuus / Journalist - Country Balie News

Thursday, 12 October 2017

MAKLIKE VRUGTEKOEK

3 k koek mengsel
1 1/4 k suiker
2 k water
125 g botter,
150 g glans kersies
Metode
Kook als saam vir 25 minute, voeg dan by ...

1t koeksoda ,
1k gesnipperde dadels ,
laat afkoel en voeg by
1/4k brandewyn ,
2 eiers effens geklits ,
1t mixed spice ,
2t bakpoeier ,
2k meelblom
Metode
Meng goed en bak in voor verhitte oond op 150 grade vir uur en 45 minute tot 2 ure.
smeer brandewyn oor as klaar gebak is !
•Laatslaper Vrugtekoek

800g gemengde koekvrugte
200 g rooi of groen kersies
500 ml lemoensap
500 ml bruismeel
½ teelepel sout
Metode
Plaas koekvrugte, kersies en lemoensap in 'n bak, en laat staan dit oornag.
Meng dit die volgende dag met die res van die bestanddele.
Plaas in 'n ronde koekpan.
Bak teen 140 grade vir 2 ure.
Die koek vries goed as jy dit wil bêre.
•VRUGTEKOEKE:
3 BESTANDELE VRUGTEKOEK
NOTA: Ek het Kersie brandewyn likeur gebruik ipv net brandewyn.
Kan dit self nie glo nie maar Paul se dit is 'n lekker klam koek.

Wanneer jy al die bestandele saam meng voel dit asof jy nog iets nats wil by gooi maar ek het nie en blykbaar is dit heerlik klam.

1 kg Droë vrugte mengsel
2 koppies lemoensap
2 koppie Bruismeel
METODE:
Week vrugte oornag in die lemoensap.
Voorverhit oond tot 110°C. (Fan force)
Smeer en voer die pan met waspapier uit en smeer goed,
Sif bruismeel en boeg vrugte en sap by, meng goed en gooi in pan.
Bak 2 ure
Laat afkoel -sprinkel brandewyn oor as jy wil
Draai toe in foelie.
•CORRINE SE VRUGTEKOEK
Sny foelie en voer kante van 'n 30 cm pan en aan onderkant daarmee uit. Moenie margarine gebruik om pan te smeer nie.
Spuit net met Spray en Cook
                                                          KOOK SAAM VIR 20 MIN
750 g gemengde koekvrugte
500 g dadels
2 K suiker
500 g margarine
1 T kaneel
1 T gemmer
1 T sout
1 T gemengde speserye
1/2 T neutmuskaat
2 k sterk rooibostee Voeg dadelik 2 T koeksoda by as vrugte klaar gekook is
VOEG BY VRUGTEMENGSEL AS AFGEKOEL:
150 ml brandewyn
200 g kersies
100 g neute
2 T suurlemoen essens
ROER GOED DEUR EN voeg 5 eiers een vir een by.
SIF SAAM:
4 K meel
2 T bakpoeier
METODE:
Meng goed deur vrugte en skep in voorberyde pan .
Plaas 'n stuk foelie oor soos 'n deksel met blink kant na binne (ek spuit bietjie spray en cook op blink kant)
Bak by 150 grade C vir 1 uur Haal foelie af en bak nog 1 uur by 140 grade C of tot toetspen skoon uitkom
Gooi nog brandewyn oor en laat rukkie afkoel in pan. Gooi uit pan en laat heeltemal afkoel
NOTA: Ek smeer n dun lagie fyn appelkooskonfyt aan die vrugtekoek voor ek die marzipan opsit dan rol ek my plastic icing uit bietjie groter as die koek en sit hom oor druk hom in dieronte met jou plat hande vas en sny dit mooi om die rand van die koek af werk die lugblase wat onder versiesuiker met jou plathand na onder tot dit uit is anders gaan daar n bubble in jou versiersuiker wees wat nie mooi lyk nie as jy hom nie uitkry nie druk n klein gaaietjie in die versiersuiker met n spelt en druk die lug versigtig uit vryf die gaaitjie sag weg met jou vinger ek doen dit dadelik anders word marzipan droog en klou die versiersuiker nie lekker daaraan nie
•DONKER VRUGTEKOEK

KOOK SAAM:
2 kg vrugtekoekmengsel
1 pakkie dadels, gesnipper
1 k suiker
3 k water
250 gr botter
kook deur en koel dan effe af.
Roer 2 t koeksoda by, oppas dit bruis.
VOEG BY:
2 geklitste eiers
250 gr rooi, groen Kersies
Maketaan stukkies en groenvye stukkies.
SIF SAAM:
4 k meelblom
2 t bakpoeier
1 t fyn gemmer en
1 t gemengde speserye [mixed spice].
Metode.                                                Stel oond op 180°C.
Voeg droë bestandele by bestandele in kastrol en roer goed deur.
Skep in koekpanne, uitgevoer met dubbele laag bakpapier wat gesmeer is.
Bak vir 1 uur tot gaar.
Keer uit op draadrakkie en gooi dadelik bietjie brandewyn oor.
Laat afkoel en draai koek om en gooi nog brandewyn oor.
Draai toe in foelie en bêre in lugdigte blik.
Gooi af en toe brandewyn oor. Ook soetwyn as jy wil.
NOTA: Versier met kersies (groen en rooi) en neute as jy dit bedien
•EKONOMIESE VRUGTEKOEK

500 gr Droe Vrugtekoek mengsel
200gr (250 ml) sagte bruinsuiker
180gr (200ml) botter of margarien
375ml water
10ml koeksoda
275g (500ml) koekmeel
5 ml gemengde speserye
knippie sout
2 eiers
125ml brandewyn
METODE:
Bespuit 'n 2,5l tuitpan, 23cm deurnsee en 9cm diep met kleefwerende kossproei
Bedek die boom met 'n sirkel waspapier met 'n gat n die middel sodat dit plat onder in die pan le
Mikrogolf die droe vrugtekoek mengsel, sagte bruinsuiker, botter of margarien en water vir 10 min in 'n diep 3.5l bak by 100% krag en roer af en toe
Roer die koeksoda by en laat die mengsel afkoel
Sif die koekmeelblom, gemengde speserye en sout saam
Klits die eiers
MEng alles goed saam
Skep die beslag in die tuitpane en maak die bo-op gelyk
Plaas die pan op 'n omgekeerde piering in die mikrogolfoond
Bedek dit lossies met 'n vel waspapier
Mikrogolf die beslag 20 minute teen 70% krag en draai die pan af en toe ad die mikrogolf nie 'n draaitafel het nie
Verwyder die vel papeir en giet die brandewyn oor die warm koek
Laat dit in die pan afkoel
Keer dit op 'n stuk waspapier op 'n draadrak uit en trek die sirkel waspapier aan die koek versigtig af
NOTA: Bak teen 180° vir 1 uur in ringkoekpan in gewone oond. Voeg 2t kakao by en koek is donker en smaak hemels.
•"FLOP PROOF" MIKROGOLF VRUGTEKOEK
                                                                 2 OPSIES VAN VRUGTE BESLAG:
500g Vrugtekoekmengsel
250g Dadels, gesny
200g Glanskersies
OF
950g Vrugtekoekmengsel
BESTANDELE:
125g Margarien
250ml bruinsuiker
250ml water of koue oorskiet rooibostee of swart koffie
METODE:
Kook bogenoemde saam vir 5minute op hoog.
Voeg 5ml koeksoda by en roer goed – die mengsel sal skuim.
Opsioneel - kan 100g neute byvoeg, verkieslik pekanneute.
BESTANDELE:
500ml koekmeelblom
2ml sout
3ml bakpoeier
2ml gemmer
2ml piment of wonderpeper of “mixed spice”
Sif bogenoemde saam en voeg by vrugtemengsel.
KLITS SAAM:
2 eiers, geklits
25ml brandewyn
12,5ml Robertsons sjokolade kleursel (opsioneel)
Metode.                                              Meng in koekmengsel in.
Voer bak uit met handdoekpapier.
Bak 15 minute op hoog in mikrogolf op omgekeerde piering.
Ek gebruik sommer ‘n langwerpige bak en as die koek afgekoel is vou ek die oortollige handdoekpapier se rante bo-oor, sit ek die deksel op – en natuurlik voer ek hom gereeld bietjie brandewyn (kan ook OBS gebruik)

No comments:

Post a Comment