SUURLEMOEN, KONDENSMELK VLA TERT
Maak dik vla met:
3 Koppies melk
1 Eetlepel suiker
2 Eetlepels vlapoeier
Koel af.
Meng 1 blikkie kondensmelk met 'n kwart koppie suurlemoensap. . .bietjie meer as jy van suurder hou.
Pak tennisbeskuitjies onder in 'n medium tert bak.
Skep helfte van kondensmelk bo-op en dan helfte van die vla. Pak weer laag tennisbeskuitjies, laag kondensmelk en laaste vla. Druk paar koekies fyn en strooi bo-oor. Plaas in yskas vir half uur. . . geniet!
No comments:
Post a Comment