Joernalis - Kontrei Balie Nuus / Journalist - Country Balie News

Saturday, 2 December 2017

Leke karamel yskas tert. As iemand special kom kuier. Jy kan hom twee variasies maak. Vries dit soos roomys.

Resep 1
Halwe pakkie tennis beskuitjies fyn gedruk en gesmelte botter. Druk vas in bak.
1 blik kondensmelk
125g Cremora
125ml water
250 ml room
Suurlemoen sap
Vanilla

Kilts jou room styf en voeg Cremora opgelos in water by. Hou aan klits en voeg vanilla by.
Meng 1 suurlemoen se sap met kondensmelk en klop styf.
Voeg als saam en klop tot dik.
Gooi in bak en vries.
Heerlik!!

Resep 2
Gebruik karamel kondensmelk
Los die suurlemoen sap
En gebruik dieselfde metode. Rasper pepper mint choccie oor en enjoy!!

Saturday, 14 October 2017

•DOPPIE RESEP

1 kop room
1 kop margarien
bietjie sout
3 kop meel
METODE:
Maak botter sag maar nie gesmelt nie
Meng die botter en room bietjie
Gooi sout en meel by
Maak n sagte uitrolbare deeg
Rol uit druk af
Bak vir ongeveer 10 min by 170 *C
•DOPPIE RESEPTE VIR SOET & SOUT
(Vir alle vinger-etes, soet en sout)
                                                                     750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
METODE:
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by droe bestandele
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit - nie te dun -
Druk met koekievorm 'n ronde sirkeltjie uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie.
Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190 grade.
•DOPPIES SOET & SOUT ELSIE
•SOUTDOPPIES:

Klits die volgende bestanddele goed
1 K Botter
1 K Gerasperde kaas
2 eiers
Sif saam
3 K Meel
1 T Bakpoeier
½ T Sout
METODE:
Meng die 2 dele goed saam
Maak balletjies en plaas in gesmeerde pannetjies
Druk uit met ‘n Petty Press
Sny oortollige deeg weg met ‘n mes
Bak by 180 grade vir 15minute tot ligbtuin.
•SOET DOPPIES
(Lewer ongeveer 100 doppies)
                                                             Klits goed saam
1 K suiker
1 K Botter
2 Eiers
Sif saam
3 K Koekmeel
1T bakpoeier
½ T sout
METODE:
Meng die 2 dele goed saam. As die deeg te sag is voeg nog ‘n bietjie koekmeel by tot ‘n sagte hanteerbare deeg verkry is
Maak balletjies en plaas in gesmeerde pannetjies
Druk uit met ‘n Petty Press
Sny oortollige deeg weg met ‘n mes
Bak by 180 grade vir 15minute tot ligbruin
•DOPPIES
                                                              230 g (250ml) botter/margarien
200 g (250 ml) witsuiker
2 groot eiers, geklits
525 g (4X 250 ml) Koekmeelblom
10 ml kremetart
2 ml sout
5 ml koeksoda
25 ml melk
METODE:
Verroom die smeer en suiker saam. Voeg die eiers by en meng goed. Sif die meel, kremetart en sout saam. Voeg dit by die eiermengsel. Meng die koeksoda en melk en voeg dit ook by die eiermengsel.
Meng alles saam tot ‘n stywe deeg. Bedek die deeg en laat dit ‘n rukkie staan. Rol die deeg ongeveer 3 mm dun op ‘n meelbestrooide deegplank uit. Druk sirkel met ‘n koekiedrukker uit, lig die sirkels met ‘n slaplemmes op en plaas dit in die holtes van die kolwyntjiepanne wat met kleefwerende kossproei bespuit is.
Plaas ‘n stukkie waspapier in elke rou doppie en vul dit met droeboontjies.
Bak die doppies ongeveer 7 minute in ‘n voorverhitte oond by 200 grade C (400 grade F). Verwyder die boontjies en papier en bak die doppies ‘n verdere 3 minute of totdat hulle ‘n ligte goudkleur is. Haal doppies versigtig uit die pannetjies en laat hulle op ‘n draadrak afkoel. Bewaar hulle in ‘n digte houer.
•DOPPIE RESEP:

750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
Metode
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier & suiker tot skuim. Voeg die droe bestandele by. Meng goed tot stywe deeg. Rol uit - nie te dun -
Druk met koekievorm 'n ronde sirkeltjie of blommetjievorm uit. Gebruik kolwyntjie pannetjies & druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie. Bak 8-10 min by 190 grade.           •DOPPIE RESEP:
                                                            750ml meel
5ml bakpoeier
3ml sout
250gr botter
2 eiers
15ml suiker
Metode
Sif droe bestandele saam. Vryf botter in
Klits eier en suiker tot skuim. Voeg die droe bestandele by
Meng goed tot stywe deeg
Rol uit - nie te dun -
Druk met koekievorm 'n ronde sirkeltjie of blommetjievorm uit.
Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie. Jy hoef nie jou pannetjies te smeer nie
Bak 8-10 min by 190 grade.           •DOPPIES.                                         •DEEG VIR DOPPIES:
                                                                 1 K meel
1/4 k botter
3 E van die suikerkook water
METODE:
Vryf botter in meel
Meng met water tot deeg en rol dun uit
Sny in stroke van 2 cm by 20 cm.
Afrikaans Bly Darem Maar Skerp!. . , EN SO GAAN ELKEEN!
Fanus Rautenbach Sê:                           Ons Moet Almal Eendag Sterwe, Maar Elkeen Sterf Volgens Sy Beroep:
•Reisigers gaan heen.
•Jagters gaan bokveld toe.
•Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen.
•Die melkman en die posman kom om.
•Kokke steek lepel in die dak.
•Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.
•Die valskermspringer ontval ons.
•Die tuinier is van die gras af gemaak.
•Die melkboer het die emmer geskop.
•Die begrafnisondernemer sien sy gat.
•Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.
•Die ouderling is ontslape.
•Die koerantman is direk hemel toe.
•Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.
•Die dokter se hart het gaan staan.
•Die elektrisiën se liggie is gedoof.
•Die koster het die doodsklok hoor lui.
•Die kleremaker se draad is geknip.
•Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.
•Skoonmoeder - die duiwel het haar kom haal. :-)

Thursday, 12 October 2017

MAKLIKE VRUGTEKOEK

3 k koek mengsel
1 1/4 k suiker
2 k water
125 g botter,
150 g glans kersies
Metode
Kook als saam vir 25 minute, voeg dan by ...

1t koeksoda ,
1k gesnipperde dadels ,
laat afkoel en voeg by
1/4k brandewyn ,
2 eiers effens geklits ,
1t mixed spice ,
2t bakpoeier ,
2k meelblom
Metode
Meng goed en bak in voor verhitte oond op 150 grade vir uur en 45 minute tot 2 ure.
smeer brandewyn oor as klaar gebak is !
•Laatslaper Vrugtekoek

800g gemengde koekvrugte
200 g rooi of groen kersies
500 ml lemoensap
500 ml bruismeel
½ teelepel sout
Metode
Plaas koekvrugte, kersies en lemoensap in 'n bak, en laat staan dit oornag.
Meng dit die volgende dag met die res van die bestanddele.
Plaas in 'n ronde koekpan.
Bak teen 140 grade vir 2 ure.
Die koek vries goed as jy dit wil bêre.
•VRUGTEKOEKE:
3 BESTANDELE VRUGTEKOEK
NOTA: Ek het Kersie brandewyn likeur gebruik ipv net brandewyn.
Kan dit self nie glo nie maar Paul se dit is 'n lekker klam koek.

Wanneer jy al die bestandele saam meng voel dit asof jy nog iets nats wil by gooi maar ek het nie en blykbaar is dit heerlik klam.

1 kg Droë vrugte mengsel
2 koppies lemoensap
2 koppie Bruismeel
METODE:
Week vrugte oornag in die lemoensap.
Voorverhit oond tot 110°C. (Fan force)
Smeer en voer die pan met waspapier uit en smeer goed,
Sif bruismeel en boeg vrugte en sap by, meng goed en gooi in pan.
Bak 2 ure
Laat afkoel -sprinkel brandewyn oor as jy wil
Draai toe in foelie.
•CORRINE SE VRUGTEKOEK
Sny foelie en voer kante van 'n 30 cm pan en aan onderkant daarmee uit. Moenie margarine gebruik om pan te smeer nie.
Spuit net met Spray en Cook
                                                          KOOK SAAM VIR 20 MIN
750 g gemengde koekvrugte
500 g dadels
2 K suiker
500 g margarine
1 T kaneel
1 T gemmer
1 T sout
1 T gemengde speserye
1/2 T neutmuskaat
2 k sterk rooibostee Voeg dadelik 2 T koeksoda by as vrugte klaar gekook is
VOEG BY VRUGTEMENGSEL AS AFGEKOEL:
150 ml brandewyn
200 g kersies
100 g neute
2 T suurlemoen essens
ROER GOED DEUR EN voeg 5 eiers een vir een by.
SIF SAAM:
4 K meel
2 T bakpoeier
METODE:
Meng goed deur vrugte en skep in voorberyde pan .
Plaas 'n stuk foelie oor soos 'n deksel met blink kant na binne (ek spuit bietjie spray en cook op blink kant)
Bak by 150 grade C vir 1 uur Haal foelie af en bak nog 1 uur by 140 grade C of tot toetspen skoon uitkom
Gooi nog brandewyn oor en laat rukkie afkoel in pan. Gooi uit pan en laat heeltemal afkoel
NOTA: Ek smeer n dun lagie fyn appelkooskonfyt aan die vrugtekoek voor ek die marzipan opsit dan rol ek my plastic icing uit bietjie groter as die koek en sit hom oor druk hom in dieronte met jou plat hande vas en sny dit mooi om die rand van die koek af werk die lugblase wat onder versiesuiker met jou plathand na onder tot dit uit is anders gaan daar n bubble in jou versiersuiker wees wat nie mooi lyk nie as jy hom nie uitkry nie druk n klein gaaietjie in die versiersuiker met n spelt en druk die lug versigtig uit vryf die gaaitjie sag weg met jou vinger ek doen dit dadelik anders word marzipan droog en klou die versiersuiker nie lekker daaraan nie
•DONKER VRUGTEKOEK

KOOK SAAM:
2 kg vrugtekoekmengsel
1 pakkie dadels, gesnipper
1 k suiker
3 k water
250 gr botter
kook deur en koel dan effe af.
Roer 2 t koeksoda by, oppas dit bruis.
VOEG BY:
2 geklitste eiers
250 gr rooi, groen Kersies
Maketaan stukkies en groenvye stukkies.
SIF SAAM:
4 k meelblom
2 t bakpoeier
1 t fyn gemmer en
1 t gemengde speserye [mixed spice].
Metode.                                                Stel oond op 180°C.
Voeg droë bestandele by bestandele in kastrol en roer goed deur.
Skep in koekpanne, uitgevoer met dubbele laag bakpapier wat gesmeer is.
Bak vir 1 uur tot gaar.
Keer uit op draadrakkie en gooi dadelik bietjie brandewyn oor.
Laat afkoel en draai koek om en gooi nog brandewyn oor.
Draai toe in foelie en bêre in lugdigte blik.
Gooi af en toe brandewyn oor. Ook soetwyn as jy wil.
NOTA: Versier met kersies (groen en rooi) en neute as jy dit bedien
•EKONOMIESE VRUGTEKOEK

500 gr Droe Vrugtekoek mengsel
200gr (250 ml) sagte bruinsuiker
180gr (200ml) botter of margarien
375ml water
10ml koeksoda
275g (500ml) koekmeel
5 ml gemengde speserye
knippie sout
2 eiers
125ml brandewyn
METODE:
Bespuit 'n 2,5l tuitpan, 23cm deurnsee en 9cm diep met kleefwerende kossproei
Bedek die boom met 'n sirkel waspapier met 'n gat n die middel sodat dit plat onder in die pan le
Mikrogolf die droe vrugtekoek mengsel, sagte bruinsuiker, botter of margarien en water vir 10 min in 'n diep 3.5l bak by 100% krag en roer af en toe
Roer die koeksoda by en laat die mengsel afkoel
Sif die koekmeelblom, gemengde speserye en sout saam
Klits die eiers
MEng alles goed saam
Skep die beslag in die tuitpane en maak die bo-op gelyk
Plaas die pan op 'n omgekeerde piering in die mikrogolfoond
Bedek dit lossies met 'n vel waspapier
Mikrogolf die beslag 20 minute teen 70% krag en draai die pan af en toe ad die mikrogolf nie 'n draaitafel het nie
Verwyder die vel papeir en giet die brandewyn oor die warm koek
Laat dit in die pan afkoel
Keer dit op 'n stuk waspapier op 'n draadrak uit en trek die sirkel waspapier aan die koek versigtig af
NOTA: Bak teen 180° vir 1 uur in ringkoekpan in gewone oond. Voeg 2t kakao by en koek is donker en smaak hemels.
•"FLOP PROOF" MIKROGOLF VRUGTEKOEK
                                                                 2 OPSIES VAN VRUGTE BESLAG:
500g Vrugtekoekmengsel
250g Dadels, gesny
200g Glanskersies
OF
950g Vrugtekoekmengsel
BESTANDELE:
125g Margarien
250ml bruinsuiker
250ml water of koue oorskiet rooibostee of swart koffie
METODE:
Kook bogenoemde saam vir 5minute op hoog.
Voeg 5ml koeksoda by en roer goed – die mengsel sal skuim.
Opsioneel - kan 100g neute byvoeg, verkieslik pekanneute.
BESTANDELE:
500ml koekmeelblom
2ml sout
3ml bakpoeier
2ml gemmer
2ml piment of wonderpeper of “mixed spice”
Sif bogenoemde saam en voeg by vrugtemengsel.
KLITS SAAM:
2 eiers, geklits
25ml brandewyn
12,5ml Robertsons sjokolade kleursel (opsioneel)
Metode.                                              Meng in koekmengsel in.
Voer bak uit met handdoekpapier.
Bak 15 minute op hoog in mikrogolf op omgekeerde piering.
Ek gebruik sommer ‘n langwerpige bak en as die koek afgekoel is vou ek die oortollige handdoekpapier se rante bo-oor, sit ek die deksel op – en natuurlik voer ek hom gereeld bietjie brandewyn (kan ook OBS gebruik)

Saturday, 7 October 2017

SUPER VINNIGE  SKONS:

BESTE BRAAI RESEPTE BOEK NET R100
Eerste 50 lede kry die boek vir R100 Waarde R200
Stuur email aan: braaiboek@gmail.com

=================================================

Baie lekker en vinnig
Super-vinnige skons
Dit is nie die stewige skons wat ons gewoonlik by koffiewinkels kry nie, maar 'n lekker ligte skon. Geen uitrol of uitdruk nie, jy gooi die beslag sommer in 'n gesmeerde muffinpan.
...
BESTANDDELE
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
¼ koppie kookolie
1 eier, geklits
1½ koppie melk en water, gemeng (ek gebruik 1 koppie melk en ½ koppie water)

METODE
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Gooi die kookolie, eier en melk-en-watermengsel by. Roer tot daar geen klonte is nie en gooi in die gesmeerde muffinpan. Bak vir 15 tot 20 minute teen 180°C. Laat effens in pan afkoel voor jy dit uithaal en bedien.

Thursday, 5 October 2017

Al Ooit Gewonder Hoekom Gaap So Aansteeklik Is? Hier's Die Antwoord

Kim Abrahams.                                       14 September 2017

Jy word soggens wakker – en behalwe vir ’n gerek en strek en kreun en na jou wekker loer, is dit een van die eerste dinge wat jy doen.
Jou afspraak met ’n totale lamsak is al ’n uur aan die gang en jy moet behoorlik jou kakebeen teen mekaar dwing om te verhoed dat die teken van verveling uit jou mond ontsnap.

Gaap is so deel van die daaglikse lewe soos eet.

Maar wat dit boeiend maak, is dat ons dit instinktief doen die oomblik as iemand anders dit doen (soms is al wat nodig is die woord gaap of ’n foto van iemand wat gaap!)

Al ooit gewonder hoekom dit so is? Volgens navorsing is daar ’n paar redes:

•JY IS NIE ’N PSIGOPAAT NIE

Volgens ’n kleinskaalse studie deur navorsers by die Universiteit van Connecticut is gaap ’n teken van empatie.

Navorsers het ’n groep kinders bestudeer en gevind dat hulle eers die aansteeklike gegaap teen vier jaar ontwikkel. Empatiese vaardighede ontwikkel rondom hierdie ouderdom.

Hulle het ook ontdek jongmense met outisme – ’n toestand waar lyers sukkel om verhoudings te vorm – is minder geneig om te gaap as dié wat nie daaraan ly nie.

Meer uitgebreide navorsing is egter nodig om hierdie teorie te steun.

•JOU BREIN IS SO BEDRAAD OM DIT TE DOEN

Daar is in ’n studie deur die Universiteit van Essex in Engeland bevind daar is moontlik ’n verband tussen ’n aansteeklike gegaap en die mense se spieël-neuronstelsel.

Hierdie neurone veroorsaak dat die waarnemer navolg wat ander doen. Wanneer ons dus iemand sien gaap, word hierdie neurone gestimuleer, sodat ons naboots wat ons sien.

•JOU OUDERDOM SPEEL ’N ROL

Time berig hoe jonger jy is, hoe groter die kans dat jy sal gaap as iemand anders gaap.

Daar is ’n studie op 328 mense gedoen wat ’n video van drie minute gekyk het van mense wat gaap. Volgens die resultate het 82 persent van mense onder 25 agterna gegaap, terwyl slegs 41 persent van diegene ouer as 50 nageboots het wat hulle op die skerm gesien het.

Hoewel meer navorsing nodig is, sê outeurs mense is minder geneig om te gaap as ander gaap soos hul ouer word, omdat hulle minder aandag aan die gedrag van diegene om hulle skenk.
SUURLEMOEN, KONDENSMELK VLA TERT
Maak dik vla met:
3 Koppies melk
1 Eetlepel suiker
2 Eetlepels vlapoeier
Koel af.

Meng 1 blikkie kondensmelk met 'n kwart koppie suurlemoensap. . .bietjie meer as jy van suurder hou.
Pak tennisbeskuitjies onder in 'n medium tert bak.
Skep helfte van kondensmelk bo-op en dan helfte van die vla. Pak weer laag tennisbeskuitjies, laag kondensmelk en laaste vla. Druk paar koekies fyn en strooi bo-oor. Plaas in yskas vir half uur. . . geniet!

Tuesday, 3 October 2017

Heerlike Grenadella Koek
4 ekstragroot eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) warm water
220 g (2 x 110 g-blikkies) grenadellamoes
2,5 ml (½ t) grenadellageursel
560 ml (2¼ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knypie sout
Versiersel
500 g (1 klein pakkie) versiersuiker, gesif
125 g (½ blok) sagte botter
ongeveer 60 ml (4 e) warm water
55 g (½ blikkie) grenadellamoes
5 ml (1 t) grenadellageursel
Bolaag
55 g (½ blikkie) grenadellamoes
5 ml (1 t) strooisuiker
2,5 ml (½ t) mielieblom
5 ml (1 t) water
Stel oond op 180 °C.
Metode
1. KOEK Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
2. Meng olie, water grenadellamoes en -geursel bymekaar. Voeg by eiergele en klits goed saam.
3. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg by eiergeelmengsel en roer tot goed gemeng.
4. Klits eierwitte tot styf en vou by beslag in.
5. Voer twee koekpanne met 22 cm-deursnee met bakpapier en verdeel beslag so gelyk moontlik tussen koekpanne.
6. Bak koek vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7. VERSIERSEL Klits versiersuiker, botter, water, grenadellamoes en -geursel tot lig en romerig.
8. Smeer helfte van versiersel op een koek, plaas tweede koek bo-op en smeer orige versiersel op.
9. BOLAAG Verhit grenadellamoes en strooisuiker in mikrogolf vir 1 minuut.
10. Maak mielieblom en water tot pasta aan en roer by warm grenadellamengsel. Mikrogolf mengsel tot verdik.
11. Laat eers bietjie afkoel en skep bo-op koek.

Monday, 25 September 2017

Draai Jou Sente Om !
"n Mens kan nie ophou eet nie, maar baie van ons kan meer doen om die  sente om te draai waar ons kan"

1. Stel ’n weeklikse, of selfs maandelikse, spyskaart op. Koop net die kos wat jy hiervoor nodig het en moenie daarvan afwyk nie.

2. Maak jou eie kos, tuis en vir die werk. ’n Vriend het onlangs sy uitgawes begin dophou en was verbaas hoeveel geld hy bespaar het deur self sy kos te maak, om nie te praat van hoeveel gesonder dit was nie. Hy het in die proses hom en sy bankrekening op ’n heel suksesvolle dieet geplaas!

3. Koop net genoeg kos. As jy te veel koop, veral groente en vrugte, sal jy later dalk heelwat daarvan moet uitgooi omdat dit nie meer eetbaar is as jy dit te lank bêre nie. Op dié manier mors jy ook heelwat geld.

4. As jy wel van uiteet hou, gaan eet een keer per maand minder uit. Dit sal jou ’n hele paar rand deur die loop van die jaar bespaar. Gaan eet uit vir ontbyt – dis goedkoper as aandetes.

5. Kies filterkoffie bo latté. Dit bly maar lekker om saam met vriende ’n koppie koffie te gaan drink. Maar drink net ’n gewone koffie wat baie goedkoper is as die vele spesialiteitskoffies wat baie restaurante aanbied.

Betsie du Preez
26 September 2017
10 things you can do with an orange peel
Why would you ever throw away (organic) orange peel? Children recycle them as fake dentures, but we don’t mean that. You make them happy when you throw them into the fire, creating a kind of miniature fireworks. The ancient Chinese dried and powdered orange peels as a medicine. In cakes and stews, they taste delicious, a sunbeam on your tongue. We looked into the art of recycling orange peel and uncovered the most unlikely ways of recycling. Here’s ten of them:

1. Skincare
This gives you shiny, clean skin with fewer pimples and dark spots. You will only use the outer thin orange peel, then rub this over your skin until the orange color of the shell changes into black. Let it soak in for 15-20 minutes, then wash off with cold water. Do not use soap or skin cleanser. Do this after dark because it makes your skin temporarily dry and much more sensitive to sunlight. In the morning, you can walk in the sun again.
2. Oil
Extracting oil from orange peel is simple but laborious. Dry the peels, grind them, put the powder in a sterile glass jar, add clear vodka or gin until it’s just about covered.  Make sure the jar is airtight. Put it away in the sunlight or another hot spot so that the mixture stays lukewarm, this will produce more oil. Shake it regularly. After two days, run the mixture through a coffee filter. Let the liquid evaporate in a loosely covered dish until the alcohol is gone. What remains is the orange oil. Add a spoonful to bath or shampoo … fresh and delicious for your skin. Powdered dried orange peel is also a delicious bath powder, if you do not feel like extracting oil.
3. Potpourri
Stuffy dusty odors go away if you add orange peel to a herb bowl or potpourri, and simmer it on a stove or gentle fire. It works wonders for the smell at home! Remove the outer orange layer with a thin knife. Allow it to dry for two to three days, for example, on the heater so that it is really dry. Add dried flowers, fragrant seeds and for example dry pineapple, as well as nutmeg, cloves and cinnamon and a few drops of essential oil of orange blossom. Mix well and keep in a sealed bag or pot for two weeks. Shake occasionally to mix the scents.
4.Culinary
Grated orange peels have been used in the kitchen for as long as oranges have been eaten. The most well-known is the use in pastries, but there are countless other applications, for example to keep brown sugar loose. Brown and other sugars will clot if you keep them a long time. Sprinkle dry orange peel on them, since this will absorb excess moisture and keep your sugar dry and spreadable. Throw them into your olive oil for extra aroma; they’re also delicious in your salads, pastas, and so on. Candy: bake dry orange peel into hot melted sugar and let cool. Success guaranteed for children! You can also put it in hot chocolate before you let it cool… irresistible!
5. Medicinal
Lowering blood pressure. Orange peel is an effective blood pressure reliever. In China it has been used for thousands of years for this purse. In aroma and blossom therapies, the orange juice is used to relieve symptoms of depression and excessive anxiety.
6.Torch
The oil in orange peels is flammable. Just squeeze your orange peel with one hand while a candle burns. Caution, because this will cause fire! Also some oil will remain. The peels last longer than twigs, so you can use them as kindling. And it smells good too. You can also wipe a strip of paper with the moisture from fresh orange peel and dry it – this also makes excellent kindling!
7.Against pests
*Cats. Sprinkle shredded orange peel throughout your garden, or along the edges, and the cats will stay away; they do not like this kind of strong smell. Rub fresh orange peel over the leaves of your houseplants, and cats won’t touch them.
*Slugs. These animals hate orange peel. Just sprinkle some pieces of orange peel in all the places where they bother you, and you will not see them anymore.
*Ants. Bothered by these tiny animals? Sprinkle orange peel wherever you spot them. Ants hate that. Also something to remember if you go for a picnic or camping and the place is full of ants. Keep a big pot of ground peel handy. Success guaranteed.
*Mosquitos. Rub fresh orange peel over your skin, keep mosquitoes away and prevent them from stinging you.
8. Against smelly bins
Throw orange peel at the bottom, which prevents bad smells and keeps large insects away. If the skin is still wet, use it as an effective sponge on greasy surfaces such as dining tables and countertops. They absorb a lot of fat.
9. Bioplastic
Scientists have found a way to make plastic from a combination of carbon dioxide and orange peel.
10. Cellulose ethanol for new energy
Scientists study the processing of tons of orange peels into a new green energy source. Cellulose ethanol is a form of alcohol you can extract from them.
MAAK MY SOOS JESUS * * * Joe* was ' n dronkaard wat wonderbaarlik tydens 'n uitreikaksie tot bekering gekom het. Voor sy bekering het hy die reputasie van 'n dronkaard skelm gehad. Mense het gedink daar's geen hoop vir Joe* nie. Ná sy bekering het álles egter verander. Joe* het die sagste, vredeliewendste mens geword wat almal net wou help by die plek van veiligheid waar hy gewoon het. Niemand het ooit iets van hom gevra wat hy as benede hom beskou het nie, of dit nou was om 'n dronkie se braaksel op te vee of om die toilette te skrop. Hy sou help om enigiemand te voer wat van die strate af ingekom het, of om iemand wat self te swak was, in die bed te sit en warm toe te maak. . . Een aand nadat die hoof van die uitreikaksie sy boodskap uit die Bybel gegee het, het een van die mans neergeval en gepleit dat God hom sou help verander. Hy het heeltyd uitgeroep: " O, Here, maak my soos Joe* ! Maak my soos Joe* !" Die hoof het oorgeleun  en gesê: " Sal dit nie beter wees as jy bid : Maak my soos Jesus nie?" . . . Nadat hy 'n rukkie daaroor gedink het, het die man angstig na hom gekyk en gevra: "Is Hy soos Joe*?" * * * Wat 'n wonderlike storie oor hoe ons mòèt lewe! Lewe jy op so 'n manier dat jy mense aan die eniggebore Seun van God herinner? PERSOONLIK. . . "...enigste Seun..." Johannes 3:16. . . Jesus het na die wêreld toe gekom om God se Liefde in vlees en bloed vir ons te kom wys. DIS ONS TAAK AS GELOWIGES OM MENSE TE HELP ONTHOU WIE GOD VIR ONS IS! * * * . . . Joe* - skuilnaam. . . BieBie 25 September 2017

Sunday, 24 September 2017

ERTJIE LAGIESLAAI
Hierdie resep het eintlik GEEN RESEP nodig nie – jy kan die slaai maak so groot of klein soos jy wil. Hier is ‘n aanduiding van hoeveel jy kan gebruik
1 Blaarslaai – fyn opgekap en goed afgedroog
1 blomlool – fyn opgekap
1 ui – fyn opgekap
2 stokkie seldery – fyn opgekap (ek het die gelos)
1 Greenpepper – fyngekap
500gr bevrore ertjies (gebruik net so gevries)
2 kop mayonnaise
250gr spek – bros gebraai (ek het sommer bacon-bits gebruik)
Gerasperde kaas
Begin deur die ½ de van die blaarslaai onder in die bak te pak
Gebruik alles helfte sodat jy 2 lae kan pak
Pak dan lagies ertjies gevolg deur al die ander bestanddele
Gooi 1 kop mayo oor
Begin weer lagies pak
Eindig af met die spek kaas en mayo
Die slaai is heerlik as dit oornag staan
Myne was 2 dae in die yskas en dit was nogsteeds Heerlik !!!!!

Friday, 22 September 2017

OEPS!

Ses Vroue Daag Toe Met Dieselfde Rok Op

Foto: Debbie Speranza Facebook

Ses vroue het die afgelope naweek met dieselfde rok opgedaag by hul vriendin se troue – en hulle was nie die strooimeisies nie!

Een van die gaste, Debbie Speranza, het ʼn foto op Forever New – die winkel waar die rokke gekoop is – se Facebook-blad gepubliseer om te wys dat sy en vyf ander vriende dieselfde donkerblou rok aangehad het.

Sy het geskerts en voorgestel die winkel moet dalk met ʼn tipe databasis begin waar klante kan bepaal of enigiemand anders beplan om ʼn spesifieke rok na dieselfde geleentheid te dra! “Ek dink ek verdien ʼn geskenkbewys vir al hierdie bemarking!” het sy bygevoeg.

Die winkel het nog nie op die plasing kommentaar gelewer nie.
7 Nuwe Verkeerswette & Hoe Dit Jou Raak

Deur Digitale Span                                 16 September 2017

Wat reg bestuur betref, is dit nie net jou eie bestuursgedrag wat jy moet oorweeg nie, maar ook dié van ander padgebruikers, en die oorkoepelende verkeerswette wat onlangs beduidende veranderings ondergaan het met die aanneming van die voorgestelde Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto).
Die minister van vervoer, Joe Maswanganyi, het die wetsontwerp se veranderings verwelkom, wat daarop gemik is om oortredings te ontmoedig en ongelukke en lewensverlies op Suid-Afrikaanse paaie te bekamp.

Padsterftes neem jaarliks toe. In 2014 was daar 12 702 sterftes, in 2015 het dit tot 12 994 gestyg en in 2016 is 14 071 sterftes aangeteken – ’n onrusbarende toename van 1 077 teenoor die vorige jaar.

“Die Dialdirect Insurance App en 75%-kontantterugaanbod is daarop gemik om Suid-Afrikaners aan te moedig om reg te bestuur – deur te fokus op dinge soos selfoongebruik, remme, versnelling en spoed – maar die doel strek veel verder as dit. Om in die risikobestuurbedryf te wees, gaan gepaard met ’n verantwoordelikheid om ’n betekenisvolle, risikobeperkende bydrae tot die samelewing te lewer waar ons kan. Dié app maak dit vir ons moontlik,” sê Warwick Scott-Rodger, uitvoerende hoof van Dialdirect Insurance.

Natuurlik sal ’n app op sigself nie padgebruikers se ingesteldheid verander nie, en Maswanganyi verwys daarna as die “voortgesette verontagsaming van padreëls”. Dit kan egter ’n goeie manier wees om Suid-Afrikaners aan te moedig om verantwoordeliker te bestuur, en so bydra tot padveiligheidspogings van organisasies landwyd.

Vra jou af wat jy kan doen om te help om veiliger paaie ’n werklikheid te maak? Let op na jou eie bestuursgewoontes, gebruik apps om dit te monitor en vertroud te raak met wysigings in die padreëls en hoe dit jou raak:

•1.Die strafpuntstelsel – elke bestuurder begin op nul punte. Elke verkeerswetsoortreding gaan met sekere strafpunte gepaard. Sodra jy 12 punte bereik, kan jou rybewys opgeskort word. As dit drie keer opgeskort word, sal jou rybewys gekanselleer word.

•2.Sentralisering van inligting van oortredings – met die bekendstelling van die Nasionale Padverkeersoortredingsregister, sal elke oortreding aangeteken word.

•3.Spesiale appèltribunaal – hierdie tribunaal sal motoriste se wettige griewe aanhoor en ’n oordeel vel. As die persoon ongelukkig is met die uitslag, kan hy/sy appèl by die hooggeregshof aanteken.

•4.Geregistreerde eienaar altyd aanspreeklik vir boetes – die enigste keer dat dit nie geld nie, is wanneer  die eienaar ’n lys met gespesifiseerde besonderhede kan verskaf van die persoon wat hulle toegelaat het om hul voertuig te bestuur.

•5.Afskaffing van sekere strenger strawwe – met die skrap van Artikel 21 van die Wet, sal die volgende nie meer toegelaat word nie: Inbeslagneming van bestuurder wat nie samewerking gee nie se rybewys; verwydering van lisensieskyf van sy/haar voertuig; en verhoed dat sy/haar voertuig verder beweeg.

•6.Rehabilitasie van oortreders – dit bied ’n geleentheid om bestuurders wie se rybewys opgeskort of gekanselleer is, ten goede te beïnvloed, en hulle weer op te voed oor die belangrikheid van die gehoorsaming van padreëls.

•7.Maklike toegang tot dokumente aanlyn – padgebruikers sal die status van hul oortredings enige tyd kan nagaan. Hierdie diens is nie net gerieflik nie; dit hou ook ’n finansiële voordeel in omdat dit die staat sowel as padgebruikers se koste verminder.

“Soveel as wat dit jou verantwoordelikheid is om padreëls te gehoorsaam, moet jy ook weet wat jou regte as motoris is en hoe om dit uit te oefen. Dit beteken om op die hoogte te bly van enige veranderings en die gevolge daarvan,” sê Scott-Rodger.

Thursday, 21 September 2017

 Sign Up
Join OfferForge today and start earning revenue from our great selection of advertisers.